Hy kom weer
Net soos Hy gegaan het, net so sal Hy kom,
Al's twee helemdae reeds verby en om;
Tog bly die belofte steeds nog immer waar.
Met verwagting kyk ons of ons Hom gewaar,
As Hy op die wolke kom Sy bruid te haal,
En die hemelglorie Hom geheel omstraal.
Uit die graf verrese, dood en hel oorwen,
Hy die offergawe, deur die mens misken,
Moes die beker ledig; In Sy Vader's wil
Moes Sy bloed gestort word om die mens ontwil.
Om God's reddingsplan tot uitvoering te bring
Dra die Godeseun die kruisvernedering.
Maar aleer Sy weggaan, het Hy ook beloof
Om ons nie alleen te laat nie, wie geloof,
Maar die Troostergees te stuur om ons te sterk,
En met krag te vul Sy kinders en Sy kerk,
So die blye boodskap van God's gena
Vreugdevol met ywer, ver en wyd te dra.
Net soos Hy gegaan het, so verwag ons Hom
Dat Hy op die wolke na die aarde kom,
Om die wie geglo het te verhef en eer,
Sodat hulle ewig saam met Hom regeer.
Kan dit ook my deel wees in die namaalstyd
My verlosser eer te bring in ewigheid?
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 3 Junie 1981